MOTORSPORT NEWS

Cymot Tydren Windhoek

Hierdie tydren sal vir nog baie lank onthou word oor verskeie redes.
Die stryd vir die eerste plek wat vanaf die eerste sneldeel Vrydagaand geheers het tussen Dick Cornelissen in sy haastige Impreza STI en Wilro Dippenaar in sy RUNX S2000. Na die vierde laasste sneldeel was die twee presies gelyk.

Wilro Dippenaar
Wilro Dippenaar

Die voorlaasste sneldeel was a “super special” op teer en grond op die Tony Rust Renbaan en Dick het Wilro op die wenstreep verbygegaan maar in die proses hopeloos te laat gerem en net met ‘n groot klomp vaardigheid en nog meer geluk die bande op die einde van die pylvak met millimetres gemis.

Op die einde van die dag toe die stof gaan le het Wilro met twee sekondes vir Dick gewen. Willie Dames met sy ex- JP Damseaux Auris S2000 het derde gekom en het ruiterlik erken dat hy nie by die voorste twee manne kon kers vashou nie. Alan Martin in sy S2000 Polo sal hierdie tydren liewer wil vergeet want hy het vanaf sneldeel een allerlei probleme gehad en het in die vierde laaste sneldeel hard op sy neus geland en met skade aan die oliebak moes hy die handdoek ingegooi.

In klas S1 vir 1600 motors was daar eweneens ‘n geweldige stryd tussen die Corolla van Zander (Krummel) Wiese en die Etios van Roland Himmel. Die tweestryd het ongelukkig ten einde gekom toe Roland die Etios rol in die vierde laasste sneldeel. Hulle het die motor regop gekeer en dit het nie hulle spoed gebreek nie en nog ‘n paar wentye ingesit tot die einde. Zander met sy ewe talentvolle tydrenjaer broer Jaco as navigator in die tydren was beslis die sterre van die dag en hy was voor tot sy Corolla se enjin op die voorlaasste sneldeel hokaai geroep het.

Hierdie klas is baie sterk en gesond in die Namibiese kampioenskap met die mooi voorbereide Corollas van Zander Wiese, Hannes Arangies & Hanre Myburgh, die Auris van Richard Slamet en Polo van Jan Everson. Op die einde het Hannes Arangies met die klaslouere weggestap.
Riaan van Rensburg het ‘n Ford Ranger SP Dakar off-road bakkie ingeskryf en het die toekouers op hulle voete gehad met die bakkie se dreuning en vaart ‘n definitiewe gunsteling by hulle. Hy het vierde algeheel ge-eindig. Ons hoop nog baie van hom te sien in die “crowd puller”.

Die tydren oor twee dae was baie toeskouer vriendelik en met uitsonderlike tweestryde baie aanskoulik wat ‘n baie goeie voorskou vir die Total Tara Tydren vanaf 27 tot 29 November voorspel.