MOTORSPORT NEWS OTHER MOTORSPORT

DIT IS WEER TYD VIR DIE 2015 RFS MOTORFIETSBESPARINGSRIT.

UITDAGEND MAAR SUINING.

Die horlosie tik weereens aan na die jaarlikse RFS MOTORFIETSBESPARINGSRIT waartydens intens gesoek gaan word na die motorfietsryer wat weet hoe om elke druppel brandstof te laat tel.

Die inskrywings vir hierdie jaar se byeenkoms open op Maandag 1 Junie en wanneer die ren op 28 en 29 Augustus 2015 deur die ongelooflike motorsfiets-wereld in Mpumalanga plaasvind, sal dit die gewilde byeenkoms se 35ste jaar kenmerk. Die byeenkoms word oudergewoonte weer deur die Pretoria Motorklub gereël en word deur MSA onderskryf.

dog day

 

 

 

 

 

 

 

Retirement Fund Solutions (RFS) wat in Pretoria gesetel is borg hierdie byeenkoms reeds vir die negende jaar. Die borg het ook sterk bande met die Nasionale Veldwedrenreeks waar hulle die “RFS Veld Uithouren” wat deel van die Donaldson Cross Country reeks vorm, borg. Hulle betrokkenheid strek ook verder daar hulle ‘n veldvoertuig wat deur ‘n filiaal maatskappy ontwikkel en gebou word, waarin Christiaan du Plooy en Henk Janse van Rensburg deelneem, ook borg.

Wat die motorfietsbesparingsrit betref sê Chris du Plooy RFS se Uitvoerende Hoof dat, “Vir RFS is optimale verbruik en besparing uit die aard van die saak belangrik en vandaar ons betrokkenheid by die   Motorsfietsbesparingsrit. Dit bied ‘n uitstekende uitstalvenster aan motorfietsverspreiders in Suid-Afrika om nie net hul nuutste modelle nie, maar ook die ekonomiese brandstofverbruik onder werklike pad en verbruikers omstandighede te vertoon. Die besparingsrit bewys hoe noodsaaklik behoorlike instandhouding en ook korrekte bestuurstyle is.”

“Die uitstaande kenmerk van hierdie ren is dat die speelveld gelyk is en dat die gewone man op straat kan deelneem én wen teen professionele bestuurders.”

Du Plooy het bygevoeg dat die RFS Motorfietsbesparingsrit en die RFS Uithouren hulle manier is om iets in motorsport terug te ploeg, maar terselfdertyd ook waarde tot hul kliente se belangstelling en lewensgenot te voeg. Die RFS handelsmerk het tot dusver baie gebaat by hierdie twee uitstaande byeenkomste en hierdie jaar sal geen uitsondering wees nie.

Nog ‘n unieke kenmerk van die RFS Motorfiets besparingsrit in Suid-Afrika is, dat dit wêreldwyd die enigste van sy soort is, wat nie deur ‘n olie-, brandstof of maatskappy met direkte bande in die motorbedryf het, geborg word nie.

Die Roetemeester van die byeenkoms, Francois Jordaan, ‘n veldren- en tydrenkampioen in eie reg, het bevestig dat daar weer slegs 60 inskrywings aanvaar sal word en dat daar soos die gebruik is, 11 klasse sal wees waarin meegeding kan word.

Klasse word bepaal deur enjin kapasiteit en maak voorsiening vir standaard produksie modelle wat oor die spektrum van gewilde motorfietse strek.

Een van die mees gesogde toekennings is die spanprys waar BMW en Truimph mekaar gewoonlik die stryd aansê, terwyl privaatspanne soos Scott Motorfietse ook sterk meeding.

mr bean

 

 

 

 

 

 

Daar is ook klasse vir gemodifiseerde motorfietse en ook vir diegene wat passasiers dra. Dié klas is ingestel om meer familielede by die byeenkoms te betrek.

Die RFS Motorfietsbesparingsrit is “ernstige pret” en alhoewel een persoon met die algehele eerste plek wegstap, word daar veral klem gelê op die wenners in die verskillende klasse. Daarbenewens staan die eerste drie jaers in elke klas ‘n kans, om ‘n aansienlike kontantprys te wen en word daar ook fondse ingesamel deur “tombola” inskrywingsgeld wat aan liefdadigheid geskenk word en die byeenkoms skenk jaarliks groot bedrae aan liefdadigheid.

Die inskrywingsfooi beloop R3000 en dit sluit akkommodasie en alle etes by die Numbi Hotel in Hazyview in.

Inskrywings open op 1 Junie 2015 en daar word verwag dat die toegelate getal inskrywings baie gou opgeneem sal word.

Die inskrywingsvorm en regulasies is beskikbaar op www.econorun.co.za

Om jou naam op die inskrywingslys te reserveer, stuur so gou moontlik jou besonderhede aan Francois Jordaan by francois@jayk.co.za.

Voltooide inskrywingslyste moet aan Hannes Beetge by hannes.beetge@tshwanetrust.co.za gestuur word.